Welk Zuid-Afrikaans zoogdier ben jij?

Welk Zuid-Afrikaans zoogdier ben jij? Test het hier!
Let op: De namen en beschrijvingen zijn in het Afrikaans!

Mogelijke uitkomsten

Afrikaanse olifant (1 x uitgekomen)

Dis 'n dier wat deur 'n ieder en 'n elk uitgekeken word. 'n Beskrywing is oorbodig.

Seekoei (0 x uitgekomen)

'n Massiefgeboude watersoogdier, ook tuis op land, met 'n groot kop.

Swartrenoster (0 x uitgekomen)

'n Massiefgeboude soogdier met drie tone, 'n effens hol rug en twee horings wat groei uit die vel op die neus.

Kameelperd (1 x uitgekomen)

Onmiskenbaar. Die langste dier in die wêreld, met 'n baie lang nek, lang voorbene en skuins rug.

Buffel (0 x uitgekomen)

'n Groot hoefdier wat lyk soos 'n bees met massiewe horings (altwee geslagte) - dié van die bul heelwat swaarder en breër als dié van die koei.

Bontkwagga (0 x uitgekomen)

Kwaggas is die die enigste gestreepte lede van die perdefamilie (Equidae).

Gewone duiker (1 x uitgekomen)

'n Klein wildsbokkie met 'n reguit ruggie en met reguit ergopstaande horinkies (net rammetjies).

Oorbietjie (2 x uitgekomen)

'n Klein wildsbokkie met 'n reguit rug en met reguit regop horinkies (net rammetjies); helder, sanderige rooibruin kleur op die rug en sye van die lyf, die nek en die buitekant van die bene, skerp afgebaken van die spierwit buik en binnekant van die bene.

Klipspringer (0 x uitgekomen)

'n Klein wildsbokkie met 'n ronde rug en met kort horinkies (net rammetjies) wat effens vorentoe gebuig is.

Steenbok (0 x uitgekomen)

'n Klein wildsbokkie met 'n reguit rug en met reguit puntige horinkies (net rammetjies).

Tropiese grysbok (0 x uitgekomen)

Klein wildsbokkie met 'n effense boggelrug en met baie kort, reguit en effens keëlvormige regop horinkies (net rammetjies).

Damaralandse langsnoet-dik-dik (0 x uitgekomen)

'n Baie klein wildsbokkie met 'n reguit rug, puntige gesig en klein kort horinkies (net rammetjis).

Rooibok (1 x uitgekomen)

'n Grasieuse wildsbok van middelmatige grootte met 'n reguit rug en liervormige horings (net ramme) wat by die punte binnewaarts gebuig is en vertikaal boontoe wys.

Springbok (0 x uitgekomen)

Wildsbok van middelmatige grootte, 'n reguit rug en sterk horings van middelmatige grootte met dik ringe by die basis.

Basterwaterbok (0 x uitgekomen)

'n Wildsbok van middelmatige grootte met die agterkwart hoër as die skouers, en met lang, dun horings (net ramme) wat liervormig is maar op verskillende maniere uitsprei.

Suidelike rietbok (0 x uitgekomen)

'n Wildsbok van middelmatige grootte met 'n reguit rug en met horings (net ramme) na agter gebuig, dan opwaarts en dan vorentoe.

Vaalribbok (0 x uitgekomen)

Wildsbok van middelslaggrootte met 'n reguit rug en met horings (net ramme) wat kort, maar requit en parallel met die lang nou ore loop.

Bosbok (0 x uitgekomen)

'n Wildsbok van middelmatige grootte wat effens hoër by die kruis as die skouers is, met taamlike kort en ligte, spiraalvormige horings (net ramme).

Gemsbok (0 x uitgekomen)

'n Groot wildsbok met 'n skuins rug, met die skouers hoër as die stuit en met horings (albei geslagte) wat lank en reguit is.

Swartwitpens (0 x uitgekomen)

'n Groot wildsbok met die skouers merkbaar hoër as die kruis en met horings (albei geslagte) wat by die bul baie lank is, regop loop en 'n sierlike boog agteroor maak.

Waterbok (0 x uitgekomen)

'n Groot wildsbok met 'n reguit rug en met lang horings (net ramme), swaar en sterk gering wat agtertoe opwaarts loop met een enkele boog wat vertikaal boontoe wys.

Rooihartbees (0 x uitgekomen)

Groot wildsbok met 'n skuins rug, by die skouers hoër as by die kruis en met horings (albei geslagte) wat eers 'n boog opwaarts loop, dan uitwaarts, dan na binne en dan agter toe.

Bontebok (0 x uitgekomen)

'n Groot wildsbok met die skouers hoër as die kruis en met horings (albei geslagte) met dik ringe by die basis en effens agteroor na buite en dan boontoe gebuig.

Blouwildebees (0 x uitgekomen)

Groot wildsbok met 'n skuins rug, die skouers hoër as die kruis, en met horings (albei geslagte) wat eers na buite en dan agtertoe buig.

Swartwildebees (0 x uitgekomen)

Groot wildsbok met 'n skuins rug, die skouers hoër as die kruis, en met horings (albei geslagte) wat afwaarts draai, dan vorentoe en dan boontoe.

Vlakvark (0 x uitgekomen)

'n Kaalvellige varkagtige dier, gryserig van kleur, met 'n groot plat kop waarop daar opvallende vratte is wat van van onder die oë uitsteek.

Bosvark (0 x uitgekomen)

Lyk op die oog af net soos die mak vark maar die dier is baie langer, op die vel is baie meer varkhaar van 'n rooierige kleur op die lyf, terwyl dié aan die bene donkerder is.

Bosnagapie (0 x uitgekomen)

'n Primaat so groot soos 'n konyn maar met baie groot ore en 'n lang bosagtige stert.

Nagapie (0 x uitgekomen)

'n Klein primaat met lang ore, merkwaardige groot ore, 'n lang stert, en 'n fyn pels wat by die punt langs donserig is.

Kaapse bobbejaan (0 x uitgekomen)

'n Groot primaat met 'n skuins rug.

Blouaap (1 x uitgekomen)

'n Primaat van middelslaggrootte met 'n reguit rug en 'n lang stywe stert.

Suid-Afrikaanse blouapie (0 x uitgekomen)

'n Primaat van middelslaggrootte met 'n reguit rug en 'n lang stywe stert.

Rooijakkals (0 x uitgekomen)

'n Hondagtige vleisetende dier met 'n reguit rug, en skraal ly en bene.

Draaijakkals (0 x uitgekomen)

'n Klein jakkalsagtige vleisetende dier met 'n reguit rug en betreklike lang bene.

Stinkmuishond (1 x uitgekomen)

'n Klein swart vleisetende dier met kenmerkende strepe, 'n taamlike lang pels en lang bosagtige stert.

Slangmuishond (0 x uitgekomen)

Klein vleisetende dier met 'n langwerpige, skraal liggaam en opvallende kenmerke.

Klein otter (0 x uitgekomen)

'n Klein otter, algemene kleur kastaiingbruin, met die onderste dele van die liggaam ligter gekleur.

Kaapse groot otter (0 x uitgekomen)

'n Groot otter, waarvan die kleur in die algemeen donker kastaiingbruin of grysbruin is, met die buikgedeeltes ligter van kleur.

Ratel (0 x uitgekomen)

'n Dassieagtige vleiseitende dier met 'n kort, breë liggaam, kort stert en 'n groot kop met klein oortjies.

Afrikaanse sivetkat (0 x uitgekomen)

'n Byna hondagtige vleiseter van middelslaggrootte met 'n swaar lyf en lang bene.

Muskeljaatkat (0 x uitgekomen)

Daar is twee soorte in Suidelike Afrika: die kleinkol of gewone muskeljaatkat (Genetta genetta) en die roeskolloge of grootkollige muskeljaatkat (Genetta tigrina); maar aangesien dit feitlik ommoontlik is om hulle in die veld uit te ken, kan die volgende beskrywing as van toepassing synde op altwee beskou word.

Maanhaarjakkals (0 x uitgekomen)

'n Hondagtige vleisvreter met 'n skuins rug en met die top van die skouers hoër as die kruis.

Afrikaanse wildekat (0 x uitgekomen)

Lyk in voorkoms baie dieselfde as 'n groot huiskat.

Swartpoot-wildekat (3 x uitgekomen)

Lyk in voorkoms taamlik baie soos 'n klein huiskat.

Tierboskat (0 x uitgekomen)

'n Groot kat met lang bene, 'n slank lyf en 'n kort stert.

Rooikat (1 x uitgekomen)

'n Groot en taamlike sterk kat met lang bene en 'n kort stert.

Witstertmuishond (0 x uitgekomen)

'n Groot muishond met 'n betreklik lang bene en 'n puntige gesig.

Kommetjiesgatmuishond (0 x uitgekomen)

'n Taamlike groot muishond met 'n kenmerkende eenvormige donkerrooibruingekleurde vel en 'n betreklike kort stert.

Klein grysmuishondjie (0 x uitgekomen)

'n Klein, skraal muishondjie met 'n lang stert waarvan die punt die swart is.

Dwergmuishond (0 x uitgekomen)

Die kleinste muishond.

Gebande muishond (0 x uitgekomen)

'n Taamlike klein muishondjie met 'n algemene grys of bruingrys velkleur.

Rooimeerkat (0 x uitgekomen)

'n Klein en taamlike skraal meerkat met 'n kenmerkende driehoekvormige gesig.

Stokstertmeerkat (0 x uitgekomen)

'n Klein meerkat met 'n skerp, puntige gesig.

Leeu (2 x uitgekomen)

Die gootste vleiseter in Afrika; so goed bekend dat 'n algemene beskrywing oorbodig is.

Luiperd (0 x uitgekomen)

'n Groot kat met sterk liggaamsbou en betreklike kort bene.

Jagluiperd (1 x uitgekomen)

Groot kat met 'n lenige liggaam, lang bene en klein koppie.

Wildehond (0 x uitgekomen)

Vleiseter met die voorkoms van 'n hond, reguit rug, lenige liggaam en lang bene.

Bruin hiëna (0 x uitgekomen)

Vleisvreter wat soos 'n hond lyk met 'n afdraende rug; die skouers is merkbaar hoër as die skof.

Gevlekte hiëna (0 x uitgekomen)

Vleisvreter wat soos 'n hond lyk met 'n afdraande rug; die skouers is merkbaar hoër as die skof.

Rooieekhorinkie (0 x uitgekomen)

'n Eekhorinkie met 'n dowwe, geelgrys pels bolangs, skerp geskei van die oranjekleurige onderkat en gesig.

Geelpooteekhorinkie (0 x uitgekomen)

'n Eekhorinkie sonder enige onderskeidende vlekke op sy pels.

Kaokoveldse waaierstertmeerkat (0 x uitgekomen)

Meerkatte met sanderige, bruine pels bolangs, 'n Duidelike wit streep langs die sye af en neig na wit onderlangs.

Springhaas (0 x uitgekomen)

Groot kangaroe-agtige knaagdier met baie lang en sterk agterbene korter voorbene, lang borstelstert en 'n klein ronde koppie met lang ore en groot oë.

Reuserot (0 x uitgekomen)

'n Groot maar slankgeboude rot met 'n lang liggaam, baie lang stert en langwerpige kop met opmerklike groot ore.

Groot rietrot (0 x uitgekomen)

Groot, stewiggeboude knaagdier met 'n betreklike groot kop en kort bene en stert.

Ystervark (0 x uitgekomen)

Onmiskenbare baie groot knaagdier.

Krimpvarkie (0 x uitgekomen)

Onmiskenbaar; die boonste deel van die liggaam is oortrek met kort, skerp penne met wit en donkerbruin ringe.

Ietermagog (1 x uitgekomen)

Reptielagtige soogdier met groot oorvleuelende skubbe wat die hele bodeel van die liggaam en die hele stert oordek.

Erdvark (0 x uitgekomen)

Onmiskenbaar; sterk liggaamsbou met 'n gekromde rug, kort maar sterk bene met groot kloue aan al die tone.

Klipdassie (0 x uitgekomen)

Hulle is stewige diertjies wat aan marmatjies herinner, met 'n spits gesig, baie kort nek, kort bene en feitlik geen stert nie.

Haas (0 x uitgekomen)

Stem in voorkoms nou ooreen met die bekende Europese haas maar is ietwat kleiner.

Njala (0 x uitgekomen)

'n Groot wildsbok met 'n taamlike reguit rug, met horings (net ramme).

Waterkoedoe (0 x uitgekomen)

Middelmatige tot groot wildsbok met 'n effens boggelrug.

Groot koedoe (0 x uitgekomen)

Groot wildsbok met 'n effense skof by die skouer en met lang kurktrekkervormige horings (net bulle).

Eland (0 x uitgekomen)

'n Baie groot wildsbok met 'n effense skof op die skouer.

Statistieken

Statistieken

Reageer (2)

  • irk7

    [letermagog/orange]

    6 jaar geleden
  • Marisha

    Afrikaanse olifant

    7 jaar geleden

Meld je gratis aan om ook reacties te kunnen plaatsen

Wat wil je nu doen?